Bloemhof Klerewinkel
Bloemhof se skooldrag is slegs by die Bloemhof Klerewinkel beskikbaar.
Van die eerste kontak wanneer jy jou skooluniform in Graad 8 kom aanskaf totdat jy in Graad 12 klaarmaak, stap ons die pad saam met jou.
Bloemhoffers is báié trots op hul skooldrag. Indien leerders gewonder het wat ons skooldrag behels en wat hulle alles benodig, kyk gerus na hierdie video:

WINKELURE
NUWE LEERDERS
Daar is spesiale sessies (45 minute) beskikbaar waartydens u dogter, met die hulp van een van ons vriendelike klerewinkelpersoneellede, skooldrag kan aanpas en aankoop. Enige sportdrag, sportsakke, bykomstighede & pette kan ook tydens die afspraak aangekoop word.
Afsprake vir hierdie sessies is noodsaaklik en instap-kliënte kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Kontak ons gerus om ‘n afspraak te maak.
LIGGING
KONTAK
Vir enige navrae, kontak ons gerus as volg:
Telefoon
021 880 3044