Bloemhof Ouer-Onderwyservereniging
Die BOOV bestaan uit ’n groep aangename, vriendelike, trotse en vrywillige ouers wat hulselfbeskikbaar stel om saam die onderwysers, ouers en leerders van Bloemhof te ondersteun.
Rol en funksie van die BOOV:
- Die BOOV word verteenwoordig deur mev. Winnie Viljoen (adjunkhoof), mev. Maria Pienaar (voorsitter), mev. Marguerite Claassen (ondervoorsitter) en ’n groep ouers van elke jaargroep.
- Die BOOV is hoofsaaklik verantwoordelik om spesifieke funksies namens Bloemhof professioneel en suksesvol aan te bied.
- Funksies sluit in die verwelkoming van die graad 8-leerders en hul ouers, die Pêrelseremonie (vir die graad 12’s se A-kandidate), die jaarlikse opedag, prysuitdeling, die skool se stigtersdagvieringe, die Prestige- en 4M-
atletiekbyeenkoms en ander sportbyeenkomste. - Elke tweede jaar is BOOV gasvroue by die jaarlikse Interskole teen Oranje – voorwaar ’n hoogtepunt op ons kalender!

Raak betrokke
REMEDIËRING EN LEERONDER-
STEUNING
Bloemhof-ouers wat diensbaar is en by die BOOV betrokke wil raak, kan die voorsitter e-pos: