Getrou aan Bloemhof

Klub Fidelis is ’n ondersteunersklub vir ouers, oud-leerders, personeel, vriende en sakevennote wat ’n liefde vir Hoër Meisieskool Bloemhof deel. Die naam Fidelis beteken “getrou” en weerspieël die gees van lojaliteit, trots en betrokkenheid wat die klub kenmerk.

Die klub versterk verhoudings binne die Bloemhof-familie, ondersteun die skool se groei en help om haar nalatenskap van uitnemendheid verder uit te bou.

Deur fondsinsameling, gemeenskapsinisiatiewe en strategiese ondersteuning dra Klub Fidelis by tot die ontwikkeling van Bloemhof se akademiese, sport- en kultuuraanbod, ten bate van huidige én toekomstige geslagte Bloemhoffers.

Voordele vir lede:
  • Uitnodigings na spesiale geleenthede
  • Voorkeurtoegang tot uitgesoekte kaartjies
  • Afslag op ondersteunersitems

Klub Fidelis is meer as ’n lidmaatskap.
Dit is ’n belegging in Bloemhof se toekoms.

Klub Fidelis HMS Bloemhof-logo

Hoe om aan te sluit

Dit neem net ’n paar minute om lid te word. Volg hierdie vier stappe.

1

Voltooi die vorm

Vul jou naam, van, e-posadres, kontaknommer en adres in die registrasievorm hieronder in.

2

Betaal met SnapScan

Klik op “Registreer” en voltooi jou betaling veilig met die SnapScan-toepassing op jou foon.

3

Kry jou bevestiging

Sodra jou betaling suksesvol is, word jou lidmaatskap outomaties geaktiveer en ontvang jy ’n e-pos met jou aktiveringskakel.

4

Aktiveer jou lidkaart

Maak die e-pos op jou foon oop, tik op die skakel en voeg jou digitale Klub Fidelis-lidkaart by Apple Wallet (iPhone) of Google Wallet (Android).

Registreer vir Klub Fidelis

Klub Fidelis-lidmaatskapR1000
  • Pay using the SnapScan app.

Klub Fidelis-logo

Jou digitale lidkaart

Jou lidkaart bly op jou foon, so jy het dit altyd byderhand. Wys dit by geleenthede en wanneer jy ondersteunersitems koop om jou ledevoordele te geniet.

Wenke
  • Gebruik ’n e-posadres wat jy op jou foon kan oopmaak.
  • iPhone-gebruikers voeg die kaart by Apple Wallet; Android-gebruikers by Google Wallet.
  • Geen e-pos binne ’n paar minute nie? Kyk in jou gemorspos-vouer.

Het jy vrae?

Sukkel jy om te registreer of jou lidkaart te aktiveer?
Stuur vir ons ’n e-pos en ons help graag.