beskikbarE POSISIES

Indien geen poste tans vertoon word nie, is daar op hierdie stadium geen vakatures beskikbaar nie.
Hou gerus hierdie blad en ons sosiale media dop vir toekomstige geleenthede.

  • Kantoorbestuurder en persoonlike assistent van die skoolhoof

    Die Hoër Meisieskool Bloemhof benodig ’n ervare en passievolle kantoorbestuurder en persoonlijke assistent van die skoolhoof. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende bestuur van die Skoolhoof se kantoor en die verskaffing van professionele administratiewe en persoonlike ondersteuning aan die Skoolhoof. Die pos behels ook die bestuur van aansoeke en toelatingsadministrasie, asook ondersteuning met akademiese, personeel- en algemene skooladministrasie.