Bloemhof op elke verhoog
Van Bergkroon tot die silwerskerm, van wetenskap tot sport, Bloemhof is aan die beweeg! Hier is ’n paar van die oomblikke waarop ons met trots terugkyk.
’n Besige begin tot kwartaal 3
Die eerste vier weke van die derde kwartaal is reeds verby – en wat ’n besige tyd was dit! Van sport en kultuur tot leierskap, prestasies en spesiale geleenthede: Bloemhof se leerders en personeel was behoorlik aan die gang. Ons kyk terug na van die hoogtepunte van die afgelope vier weke.
Interskole 2026
Wat ’n ongelooflike Interskole-naweek! Van die eerste swem- en tennisballe tot die laaste netbal- en hokkiewedstryde het ons leerders, personeel en ondersteuners met trots, passie en Bloemhof-gees deelgeneem.
Julievakansienuus
Die Julievakansie het opnuut gewys hoe Bloemhoffers op sport- en kultuurgebied uitblink. Leerders het die skool met onderskeiding op provinsiale, nasionale en internasionale vlak verteenwoordig. Baie geluk aan al hierdie leerders -ons is trots op julle!
26 Junie 2026
Bloemhof Brokkies – 29 Mei 2026
By Hoër Meisieskool Bloemhof is elke week gevul met geleenthede om te leer, te groei en ’n verskil te maak – in die klaskamer, op die sportveld, op die verhoog en in ons gemeenskap. Hierdie uitgawe van Bloemhof Brokkies weerspieël die hart van ons skool: meisies en personeel wat met passie deelneem, ander ondersteun en met trots hul talente uitleef. Van besonderse sport- en kultuurprestasies tot betekenisvolle uitreikaksies en inspirerende oomblikke in die koshuis en klaskamer, herinner hierdie stories ons weer dat Bloemhof veel meer as net ’n skool is, dit is ’n gemeenskap waar elke Bloemhoffer kan blom.
Eerste Loopbaandag gehou
Die eerste Bloemhof Loopbaandag het op Woensdag 25 Maart plaasgevind: ’n Inisiatief wat deur die Bloemhofbond van stapel gestuur is om oudleerders met huidige Bloemhoffers te verbind, ’n blik op verskillende loopbane te bied en deur mentorskap die band tussen Bloemhoffers (oud en jonk!) te versterk.
Stigtersdag 2026
Bloemhof kon op 13 Maart 2026 die skool se 151ste Stigersdag vier. Meer as 250 oudleerders het weer hul alma mater besoek en gasspreker Gesha Davids (Bloemhofbondpryswenner 2006) was die gasspreker. Lees meer oor hierdie spesiale dag.