Beste Ouer/Voog
A) SCHOOL COMMUNICATOR
Die grys d6 Connect-toepassing sal ná 2025 nie meer gebruik word nie en die d6-groep keer terug na hul oorspronklike blou d6 School Communicator. Die oorskakeling is nie outomaties nie, maar wanneer u op die School Communicator inteken, behoort u weer Bloemhof se groepe te kan sien.
Laai asb. “d6 School Communicator” (blou ikoon met ’n ligte “d6” in die middel) af sodat u in 2026 steeds ons kennisgewings kan ontvang.
B) KOMMUNIKASIE-GROEPE
Ek het die kommunikasie-groepe se name aangepas om 2026 se grade te weerspieël. U behoort steeds op die regte groep te wees, maar volg asb. die groep(e) wat op u van toepassing is. Dit geld ook vir sport- en kultuurgroepe.
Nuwe ouers/voogde: Die “Nuwe leerders 2026”-groep se naam het na “Graad 8’s 2026” verander; indien u ’n dogter in ’n ander graad het, volg asb. hierdie stappe:
1) Klik op “Messages”
2) Gaan tot heel onder en kies “Customise Groups”
3) Kies die nodige groep(e) waarvoor u kommunikasie wil ontvang.
C) HMSBLOEMHOF.CO.ZA
Ons is amper gereed om ons nuwe webwerf bekend te stel en is stelselmatig besig om al ons e-posadresse van “bloemhofschool” na “hmsbloemhof” te verander. Dit behoort alles in Januarie 2026 aktief te wees, maar die @bloemhofschool-adresse sal as ’n “alias” werk en die e-posse herlei.
Dankie vir u geduld met dié proses – ek weet daar was ’n bietjie frustrasie onder die koshuisouers toe koshuis@hmsbloemhof.co.za nie gewerk het nie.
Vriendelike groete.
Stephan Meyer
Kommunikasiebestuurder
kommunikasie@hmsbloemhof.co.za