Bloemhof op elke verhoog
Van Bergkroon tot die silwerskerm, van wetenskap tot sport, Bloemhof is aan die beweeg! Hier is ’n paar van die oomblikke waarop ons met trots terugkyk.
’n Besige begin tot kwartaal 3
Die eerste vier weke van die derde kwartaal is reeds verby – en wat ’n besige tyd was dit! Van sport en kultuur tot leierskap, prestasies en spesiale geleenthede: Bloemhof se leerders en personeel was behoorlik aan die gang. Ons kyk terug na van die hoogtepunte van die afgelope vier weke.
Interskole 2026
Wat ’n ongelooflike Interskole-naweek! Van die eerste swem- en tennisballe tot die laaste netbal- en hokkiewedstryde het ons leerders, personeel en ondersteuners met trots, passie en Bloemhof-gees deelgeneem.
Julievakansienuus
Die Julievakansie het opnuut gewys hoe Bloemhoffers op sport- en kultuurgebied uitblink. Leerders het die skool met onderskeiding op provinsiale, nasionale en internasionale vlak verteenwoordig. Baie geluk aan al hierdie leerders -ons is trots op julle!
26 Junie 2026
Bloemhof Brokkies – 29 Mei 2026
By Hoër Meisieskool Bloemhof is elke week gevul met geleenthede om te leer, te groei en ’n verskil te maak – in die klaskamer, op die sportveld, op die verhoog en in ons gemeenskap. Hierdie uitgawe van Bloemhof Brokkies weerspieël die hart van ons skool: meisies en personeel wat met passie deelneem, ander ondersteun en met trots hul talente uitleef. Van besonderse sport- en kultuurprestasies tot betekenisvolle uitreikaksies en inspirerende oomblikke in die koshuis en klaskamer, herinner hierdie stories ons weer dat Bloemhof veel meer as net ’n skool is, dit is ’n gemeenskap waar elke Bloemhoffer kan blom.
15 Mei 2026
Die afgelope paar weke was gevul met trots, prestasies en onvergeetlike oomblikke by Hoër Meisieskool Bloemhof. Van akademiese en kulturele hoogtepunte tot sportprestasies en gemeenskapsuitreike – hierdie uitgawe vier die passie, talent en dinamiese Bloemhof-gees wat op elke terrein sigbaar is.
All Girls-fees 2026
Die All Girls-fees 2026, aangebied deur Rhenish Girls’ High School, het weer meisieskole se uitnemendheid in sport en kultuur gevier. Bloemhof se dogters het hulself met trots onderskei deur talent, spanwerk en entoesiasme op die veld, verhoog en in werkswinkels te wys.
’n Terugblik op Twee Besige Weke
Welkom by hierdie uitgawe van Bloemhof Brokkies – ’n terugblik op ’n lewendige tydperk by ons skool. Die afgelope weke was gevul met akademiese inspirasie, kleurvolle vieringe, nuwe gesigte en uitstekende sport- en kultuurprestasies wat die dinamiese hart van Bloemhof weerspieël.
‘n Vakansie vol aksie
’n Vakansie vol aksie, prestasies en inspirasie! In hierdie uitgawe van Bloemhof Brokkies vier ons ons leerders se uitblinkprestasies op sport-, kultuur- en akademiese gebied, deel ons hoogtepunte van LOK 2026, en groet ons gewaardeerde personeel wat nuwe hoofstukke aanpak. Lees meer oor alles wat hierdie kwartaal by Bloemhof gebeur het.