Eerste Loopbaandag gehou
Die eerste Bloemhof Loopbaandag het op Woensdag 25 Maart plaasgevind: ’n Inisiatief wat deur die Bloemhofbond van stapel gestuur is om oudleerders met huidige Bloemhoffers te verbind, ’n blik op verskillende loopbane te bied en deur mentorskap die band tussen Bloemhoffers (oud en jonk!) te versterk.
Stigtersdag 2026
Bloemhof kon op 13 Maart 2026 die skool se 151ste Stigersdag vier. Meer as 250 oudleerders het weer hul alma mater besoek en gasspreker Gesha Davids (Bloemhofbondpryswenner 2006) was die gasspreker. Lees meer oor hierdie spesiale dag.
08/2025
Die derde kwartaal het met ’n spoed begin en ons spog (uiteindelik!) met talle hoogtepunte: Debat en redenaars, mej. Feesjaar, leerderleiers, en al die sportuitslae van die Julie-vakansie.
07/2025
Wonderlike netbalnuus, ons gesels met Mej. Feesjaar-finaliste, en ons vier juffrou Bosch se eerste Bloemhof-verjaarsdag. Dít en meer in hierdie uitgawe van die Bloemhof Brokkies.
06/2025
Die graad 9-ekspo is hierdie week onder die vergrootglas. Ons berig oor die koor se eerste Eidsteddfod-optrede, ons hokkiespelers wat Bolandspanne haal en vele meer.
05/2025
Die nasionale All Girls’ Festival het plaasgevind en dit was ’n fees der feeste! Ons loer ook in dié uitgawe in by die nuwe gesigte in die sportkantoor en daar is weer baie sportnuus.
04/2025
Die Wintersportseisoen het begin, Bloemhof vier Paasfees, die graad 12’s hou daslas en méér in hierdie uitgawe van ons nuusbrief.